Friday, December 21, 2007

Tiener dinge...


Tieners het allerande weird styles... Movies, klere drag, musiek, en een van die belangrikste, HOUDING!!! Almal weet dit... Maar ek gaan julle meer va die tiener lewe vertel, van alles waarvan meeste tieners hou...en hoe weet ek dit? Want ek is self 'n tiener! =)

Kom ons begin by movies. Meeste tieners hou van Horrors, en comedies... Daar is niks lekkerder as om saam met jou vriende in die sitkamer te "chill" en 'n horror te kyk nie. Vir ons is dit maar net lekker om onder komberse voor die TV te sit en ons self siek te skrik nie. En dan net na daai "Boogeyman" of "Jeepers creepers" movie vir jou 'n snack in die kombuis te gaan haal, en mekaar bang te maak! En op die ou einde daaroor te lag en onself te geniet! Of wie sê ons wil die heeldag onder komberse sit en popcorn eet, ons wil dalk ook saam met 'n hele groepie vriende uitgaan na die flieks toe om 'n comedie te gaan kyk! Dit gee ons kans om bietjie met mekaar oor tiener dinge te gesels...




Klere drag. Wel, tieners is nou maar net weird... Ons het alle tipe klere styles. Punk is my persoonlike favorite. Ja, dis weird, maar alle tieners het hulle styles. Daar is nou weer ander wat goths is... Hmm, nie cool in my oë nie. Om die heeldag egosentries te wees, en om in swart aangetrek te wees sal dit net nie vir my doen nie. Maar, tieners dress 2 impress...Them selfs!!



Musiek. Heavy metal, Punk rock, Pop, Hip-hop, ons hou van musiek wat ons laat "relax". As ons kwaad is, luister ons na heavy metal, al dink die ouers nie so nie, dit laat die tieners net opcheer, veral na daai "fight" met die ouers, slaan gewoonlik die deur toe en sit die heavy metal klip hard... Meestal van ons is maar so. As ons hartseer is, luister ons punk rock, of rustige musiek. Die punk rock help om jou bietjie vroliker te laat voel, en die rustige musiek laat jou partykeur dalk huil, maar dan huil jy als wat daar is om oor te huil, klaar uit. Hehe. Ons het ook ons gunsteling liedjies... net soos julle ;) . Al lyk die sangers waarvan ons hou, baie erg, onthou, vir ons lyk julle sangers ook erg. Ek's net eerlik ☺



Houding. Wat ons glo is altyd in ons oë REG. Al is dit nie eintlik nie. Soos wanneer ons wil gaan fliek, en die ouers sê nee, dan wil ons die stuipe vang en net skree. Alles moet vir ons net reg loop, en ons is altyd reg... in ons oë natuurlik. Dis maar hoe alle tieners groot word, met houding. En by die skool... Daar is baie meisies wat "cat fights" het, sommer oor simpel goeters, en seuns wat mekaar blou slaan oor 'n meisie, en op die ou einde stel die meisie nie belang aan een van hulle nie.


Skole in die hele wêreld is besig om hand uit te ruk, veral hoërskole. Daar is deesdae tieners wat erg die klasse ontwrig, rook, mekaar slaan, en selfs die onderwysers "backchat". Waar ouers duisende rande spandeer net om hulle kinders geleer te kan kry. Van die kinders se ouers weet nie eers dat hulle kind een van die stoutste kinders is nie. Daar is kinders wat so die klasse ontwrig, dat die onderwysers moed opgee, en net eenkant sit, en op hulle fone "Mxit".


Ahh, nog 'n topic, Mxit! Mxit is 'n tipe van 'n chat rogram wat jy op jou mobile selfoon laai. Dan register jy en kan jy met al jou vriende en vriendinne chat. Sê nou maar jy het 'n vriendin van jou se nommer, dan kan jy haar invite. Sy moet jou eers accept, en dan kan julle 'n "single conversation" met mekaar hê. Dan is daar mxit chat rooms. Ek chat nie self daarop nie, want daar is baie meisies wat daar opgaan om ouens se nommers te kry, en dan eendag wil hulle die ou ontmoet, en dan raak hulle vermis. Ai, die samelewing van vandag, dink net 'n land sonder enige crime... But let's not get there.


Wel, dis omtrent al die tiener guite, ek kan tog nie ALS vir julle sê nie...hehe, daar is 'n paar secrets wat ek vir myself moet hou =).

Groete,

♥Applekie♥

Tuesday, December 18, 2007

Hi Almal,


Wel, hier is ek ook nou..."blogging" hehe.
Ek hoop ek gaan dit geniet, en ek hoop ek kry baie mense wat my blog sal lees, en ook sal skryf daarop. Bietjie van myself: ek is 'n jong meisie wat NET vriendskap soek, ek hou baie van diere, my gunsteling sangers is My Chemical Romance, ek hou baie van "computer games". My gunsteling computer game is Battlefield 2, ek speel online daar, en ek geniet dit vreeslik baie. Ek hou ook van The Sims 2, maar partykeer iriteer dit my baie, dan hou ek op speel tot ek weer lus het =). Ek hoop om baie vriende te maak op my blog! Reëls vir my blog is: GEEN vloek, moet nie jou persoonlike informasie weg gee nie ASB, moenie baklei nie, en die goue reël... GENIET DIT!!! =)

Groete,

Applekie